Xtreme Games

Home Columns About Us Advertising Articles Contact us

POLS - Die goeie nuus . . .       POLS - The good news . . . Altyd 'n tree vooruit . . .       Always a step ahead . . .

 

Home
Up

 

XTreme Games
Onlangs op Kayalami Johannesburg het die jongklomp van Rustenburg die res van die land se jongklomp goed laat les opsê by die jaarlikse MTN Free to Speak Xtreme Games. Hierdie jaarlikse kompetisie, wat bestaan uit rollerblading, skateboarding, BMX, breakdancing en Graffiti word elke jaar meer en meer gewild onder die jongmense.

Vanjaar was die grootste kompetisie nog en die beste resultate ooit vir Rustenburg!

Rustenburg is verteenwoordig in die kategorie breakdancing, rollerblading en graffiti. Die Spin B-Boys (Eugene, Francois, Chris, Alexis en Bradly) het gesorg dat die manne van Johannesburg, Pretoria en Boksburg hulle sokkies moes optrek, toe die Rustenburgers die eerste dag van die Breakdancing gewen het. Na baie strawwe kompetisie in die Battle-kompetisie het die Spin B-Boys met ‘n algehele tweede plek weggestap - Die B-Team B-Boys (Francois, Steven, Sherief, PJ en Dillian) wat hierdie jaar vir die eerste keer deelgeneem het, het vierde plek verower.

In die rollerblading-afdeling het Johannes die algehele vierde plek verower en ook gesorg vir groot opwinding toe hy tweede gekom het in die Best Trick-kompetisie.

Nog presteerders was die twee graffiti-manne Steven en Francois wat hierdie jaar ook vir die eerste keer deelgeneem het en met ‘n derde plek spog!

Dit was vanjaar die tweede keer dat Rustenburg aan die X Games deelgeneem het, maar verseker nog nie die laaste sien nie!

 

 



Rustenburg doen dit weer!



Dis die 2e jaar wat Rustenburg deelneem aan die Games



Volgende jaar maak ons weer so!

 

Strawberrynet.com