Snippets

Home Columns About Us Advertising Articles Contact us

POLS - Die goeie nuus . . .       POLS - The good news . . . Altyd 'n tree vooruit . . .       Always a step ahead . . .

 

Home
Up

 

NUUSBROKKIES

SNIPPETS


Hoërskool Rustenburg-matrieks hou re-unie

Op 25 Oktober hou die 1993-matrieks van Rusties re-unie om 17:00 by die skool se lapa. die funksie is 'n bring-en-braai-geselligheid ne gaste word versoek om hul eie eet- en drinkgoed saam et bring. Pap-en-sous, slaai en braaigeriewe sal verskaf word. Bevestig by Gerda (voor 30 September) by 014 - 537 2319 of 082 926 0863

Nuusbrokkies word gratis geplaas - e-pos joune vir ons na platinumpols@yahoo.com

Skakel ons by 072 180 4966 vir enige nuus

 

Agri-Moedwil se plaasfees elke jaar groter

Agri-Moedwil se jaarlikse plaasfees word vanjaar op 13 September gehou en items op die interessante vol program sluit ondermeer in: Brandbestrydingdemonstrasie; algemene veiling van interessante goedere; romantiese kampvuurdans; skaaphond-demonstrasie; Landloopbyeenkoms; Bulveiling en veel meer. Moet hierdie fees onder geen omstandighede misloop nie. Skakel Sonet by 014 - 545 0080 of 083 425 9796

Feather Arts & Crafts se Markte

Feather Arts and Crafts se volgende markte vind plaas op 30 Augustus, 27 September, 1 November, 29 November en 16 Desember by die Toeriste Inligtingsentrum in Rustenburg. Skakel Ronelle by 084 5131 590 vir nadere inligting

Nuus van enige aard? Selfs skindernuus? Kry dit op die net!

Modeparade wat "anders" is!

'n "Anderste" modeparade word op 4 Oktober in Rustenburg aangebied waar daar gefokus word op serpe en juwele en hoe om sjiek aan te trek. Kaartjies verkoop teen R50 per persoon. Skakel 084 367 4533 vir nadere inligting.

Het jy interessante nuusbrokkies?

Gebeur daar iets in jou omgewing waarvan ons moet weet? Of sommer net lekker skindernuus? Wat jy wil deel? Skakel dan met Sanet Strydom by 072 180 4966 of e-pos ons by platinumpols@yahoo.com

Kareoke-aand by Koster Gholfklub

Lus vir kareoke? Koster Gholfklub hou op 30 Augustus weer Kareoke-aand met Tommy Malan, wenner van die Rustenburgse Coca-Cola Pop Stars. Toegang is gratis - kom maak gerus 'n draai!

 

 

 

Bemark jou besigheid met glansbrosjures!

Nog altyd gedink glansbrosjures is buite jou bereik en pas nie in jou begroting nie? Dink weer! Met POLS se kundige span grafiese kunstenaars, en drukkoste wat beslis die goedkoopste in die dorp is, is bemarking deur middel van glansbrosjures nou binne jou bereik! Loer op ons webwerf onder "brochures" en vergewis jouself!

 


Basaar

Die Suid-Gemeente van die Hervormde Gemeente hou op 30 Augustus om 08:00 basaar. Dit beloof om 'n gesinsdag vol pret en plesier te wees en soos gewoonlik gaan die tafels kreun onder vars vleis en heerlike boerewors, tuisgebak, pannekoek en poedings, naaldwerk en snuisterye. Vir die jongklomp is daar ondermeer 'n gril-grot en waterkaskenades en 'n klomp kompetisies om aan deel te neem - sien jou daar!

Snippets are placed free of charge - mail yours to platinumpols@yahoo.com


Wysneusie-re-unie

Wysneusie Kleuterskool hou die naweek van 26 tot 28 September re-unie by die Rustenburg Kloof en vermaak vir oud en jonk word aangebied. Alle oud-Wysneusies en hul gesinne is welkom. Skakel Alinda of Anita by 014 - 592 0336 vir inligting

Koster-karnaval op 5 en 6 September - moet dit nie misloop nie!

 

Moenie adverteer nie - Bemark!

Om te adverteer in 'n koerant, "werk" baie dikwels nie - dit is omdat jou advertensie nie effektief is nie, dalk nie die regte teikenmark bereik nie, of bloot net nie die aandag van verbruikers trek nie! Maak dus gebruik van POLS se unieke bemarkingsplan wat strek oor ses weke ter wille van frekwensie en ontwerp word deur kundige grafiese kunstenaars - kom 'n tree vooruit!

 

Koster hou fees!

Koster hou karnaval op 5 en 6 September met 'n fees soos die dorp nog nooit gesien het nie! Tydens die fees kan een van die feesgangers 'n diamant ter waarde van R10 000 wen in 'n opwindende kompetisie - ander aktiwiteite sluit ondermeer in: Modeparade, boeredans, kleiduif-skiet, hondevertoning, stoei, moderne danse, kettie en kleilat, boeresport en 'n pretpark. Moet dit beslis nie misloop nie!

 


PRETDAG!

Zinniaville Skool hou 'n heerlike pretdag op 30 Augustus by die Zinniaville Sportgronde. 'n Pretdag van 5km begin om 13:00 en groot pret vir die dag word beloof wat insluit: Ponieritte, glipbaan en speletjies. Kontak 014 - 538 0152 vir nadere inligting.

Het jy enige nuusbrokkies? E-pos dit vir ons na platinumpols@yahoo.com