Ooit gedink dit
is moontlik om ‘n lugreëlaar in jou motor te laat installeer vir slegs
R1700? Arbeid en installasie ingesluit? Nie meer nie! Hydro King in
Rustenburg doen presies DIT!
Pa en seun, Sakkie en André van Niekerk van Hydro King Aircons in
Rustenburg, het in Maart vanjaar begin om hierdie unieke verkoelers in
motors te installeer nadat hul die franchise van die Pretorianer Sarel
Cilliers aangekoop het. Sarel het die verkoeler in 1994 ontwerp en
patenteer, maar nooit werkli aggressief bemark nie. Toe André van ‘n
vriend van hom hoor van die unieke verkoeler, was hy nie links nie, en het
onmiddellik die franchise vir Rustenburg gekoop. Nou kan Rustenburgers
deel in die unieke konsep wat ook sommer baie minder geld uit die sak jaag.
Wat die verkoeler so uniek maak, is die feit dat die kleiner modelle
voertuie op die mark uiters geskik is vir installasie - modelle wat
voorheen nie verkoelers kon kry nie!
Dit sluit onder meer motorvoertuie in soos: Mazda, Midge, Sting, Corsa,
Golf, Jetta, Toyota Tazz, Corolla en Conquest asook bakkies soos Toyota,
Mazda, Ford, Bantam, Corsa en Isuzu.
Daarbenewens gebruik die verkoeler geen enginkrag nie en werk ook nie
met gas nie! Die enigste nadeel is dat die water waarmee die verkoeler
werk, kan op raak (bloot as jy vergeet om dit dop te hou!)
Die konsep is uiters veilig en wanneer dit in jou voertuig installeer
word, word die minimum veranderings gedoen - jou motor word eenvoudig
vroegoggend by Hydro King Aircons gelaat, en dieselfde middag nog kan jy
dit kom afhaal. Daar is ook geen moontlikhied van slytasie nie, aangesien
geen enginkrag gebruik word nie.
Tans is Hydro King Aircons nog die enigste besigheid in die Noordwes
provinsie wat hierdie tipe verkoelers verkoop en installeer. Die verkoeler
werk met skoon water en is uiters koste-effektief. Daarbenewens dra dit
ook ‘n volle eenjaar-waarborg en die prys van R1700 sluit arbeid en
installasie in.
Die verkoeler is ook veral vir Rustenburg geskik in die sin dat dit
selfs meer effektief is wanneer die humiditeit laag is.
Dit kan ook op koel dae saam met jou motor se verwarmer gebruik word,
juis om die humiditeit in jou motor te verhoog!
Die waterspuit werk met ‘n tydskakelaar en die moontlikheid van uit-brand
is dus feitlik nul aangesien die spuit net elke 1 minuut 15 sekon-des vir
presies 3 sekon-des aktief is.Hydro King Aircons is geleë in
Jou-bertstraat 68 Rustenburg en kan besoek word van 08:00 tot 17:00 op
enige weeksdag of gekontak word by 083 388 7950 0f 082 761 0573.
Maak gerus ‘n draai - jy kan hierdie prys nie klop nie!