Regsake

Home Columns About Us Advertising Articles Contact us

POLS - Die goeie nuus . . .       POLS - The good news . . . Altyd 'n tree vooruit . . .       Always a step ahead . . .

 

Home
Up

 

Die reg en jy . . .

Is jou huis ouer as 60 jaar?

Behartig deur Pieter van der Westhuizen

 


Behartig deur Pieter van der Westhuizen
Ingevolge die Nasionale Erfenis Hulpbronne Wet, Wet 25 van 1999 mag geen persoon enige struktuur wat ouer as sestig jaar is afbreek, aanbou of verander sonder die toestemming van die Suid Afrikaanse Erfenis Hulpbron Vereniging.

Die vraag ontstaan nou watter effek hierdie wetgewing op partye by ‘n koopkontrak van onroerende eiendom kan hê ?

Die antwoord is dat dit verrykende gevolge vir ‘n Verkoper of selfs eiendomsagent kan hê wat versuim om hierdie feit aan ‘n voornemende Koper te openbaar. Die toets hier is amper dieselfde as in die geval van die "voetstoots"- klousule waar daar gevra moet word of die Verkoper/Agent bewus was of redelikerwys daarvan bewus moes gewees het dat die eiendom ouer as sestig jaar is. Die Verkoper of Agent kan dalk van mening wees dat hierdie feit nie van belang is nie, maar wat daarvan as die Koper van voorneme is om verbeterings aan die eiendom aan te bring of dalk selfs die eiendom slegs wil bekom om die ou huis te sloop en nuwe geboue op te rig?

In ‘n onlangse hofbeslissing is bevind dat ‘n Koper, wat versuim om te openbaar dat ‘n woonhuis ouer as sestig jaar is, ‘n eis kan instel teen die Verkoper (of selfs eiendomsagent) waar die Verkoper / Agent daarvan bewus was dat die Koper die eiendom wou aanskaf vir herontwikkelingsdoeleindes terwyl die Verkoper ook bewus was van die feit dat die eiendom ouer as sestig jaar is en onderworpe was aan bogemelde wetgewing. Die beslissing maak sin aangesien hierdie feit seer sekerlik ‘n invloed op die markwaarde en herverkoopwaarde van die eiendom het.

Wees dus versigtig indien u belangstel om ‘n gebou te koop wat op die oog af lyk of die gebou ouer as sestig jaar is. Doen eers navraag by die Verkoper, Plaaslike owerheid of kyk eers na die titelakte voordat u teken. Indien u dringend moet teken en nie oor voldoende tyd beskik om eers navraag te doen sal dit raadsaam wees om ‘n klousule in die koopkontrak te voeg wat die koop onderhewig maak daaraan dat bogemelde wetgewing nie op die eiendom van toepassing is nie of onderhewig daaraan dat die nodige permitte verkry word vir die verbrekings of aanbouings.

Pieter van der Westhuizen Du Plessis & van der Westhuizen Ingelyf Eerste Vloer Standardbank Gebou Kerkstraat 121 Rustenburg Tel : (014) 592 9241