Profiel

Home Columns About Us Advertising Articles Contact us

POLS - Die goeie nuus . . .       POLS - The good news . . . Altyd 'n tree vooruit . . .       Always a step ahead . . .

 

Home
Up

 

PROFIEL

Ontmoet die mense van Koedoe

Enid, Willie en Louw van Koedoe Meat Market

 

 

 

 

Willie en Enid Smith, oud-Kapenaars wat nou sowat twee jaar in Rustenburg is, het sowat drie maande gelede die trotse eienaars van Koedoe Meat Market geword en onmiddellik besluit dat Koedoe die allerbeste eenstop-slaghuis in die stad moet word! En dit is ook presies hier waar Koedoe homself van ander slaghuise in Rustenburg onderskei - hier koop ‘n mens nie net vleis nie, maar kan jy sommer ook na werk inloer om die week se kruideniersware teen die mees bekostigbare pryse aan te skaf!

Seekos en vis is Koedoe se ander spesialiteit en hier kan jy vanaf Angelvis, tot Steenbras en Kabeljou kry vir Saterdagaand se braaivleisvuur, tot koningsgrootte garnale, mossels en seekosmengsel vir daardie spoggerige onthaal.

Buiten vleis en seekos, die allerlekkerste biltong en chillibites, droëwors en kruideniersware, bied Koedoe ook vars groente en vrugte - Willie koop twee keer per week van die mark af aan - koeldranke, gebak en hul spesialiteit - kraakvars bevrore groente.

Die Smith-egpaar se twee kleingoed, Voné (9) en Marius (6) is al goed gekonfyt in die slaghuis-lewe en kuier dikwels saam met ma en pa - die Smiths glo aan uitstaande diens en is van 7 uur soggens tot saans 7 uur oop sodat persone wat tot 5 uur werk, na werk gou vir inkopies kan kom inloer. Op Saterdae maak hul eers 3 uur toe en Sondae is hul oop van nege tot een.

Hul drome vir die toekoms rondom Koedoe Meat Market? Nie om die grootste slaghuis in Rustenburg te wees nie, ook nie om nog slaghuise in omliggende dorpe te besit nie, maar BESLIS om die heel beste slaghuis in die stad te wees met die heel gelukkigste Rustenburgse kliënte!

Maak gerus ‘n draai - jy sal weer en weer en weer teruggaan