|
|

Met Karel de Winnaar
Wel dit is nou een great ding hierie nuwe
law wat nou deur die parlement goedge-keur is. Soos ek die ding verstaat,
is dit nou legal om oppie pavement te sit en skryf. My imagination kry
toe die oorhand en ek scheme laat ek dan die eerste wees om dinge uit
hierie hoek uit te check. So van nou af sal ek op ‘n gereelde
grondslag met julle communicate hier vannie side-walks af. Sien daars
‘n dem goeie reason waarom ek hier sit en idle, en julle scheme allie
tyd eks te sleg om te werk. Dinge is nou maar eenmaal nie soos dit lyk
nie. Eintlike reason waarom ek hier sit is complicated my lani. Check ek
was mos innie groot skool wat gesubsidised word deur die goverment. Vir
julle wat nie so clever is nie staan dit ook bekend as die tronk. Het
mos heel innocent daar beland, net ‘n bietjie pot gerook toe sit hulle
my in. Nou daar het ek een van die groot bra’s innie hijacking
bussiness gemeet. Hy het my toe so paar private lessons begin gee hoe om
die bussiness nou eintlik winsgwend te bedryf. Soos die bad luck dit wou
hê, kom die parole raad mos en gee my afslag vir good behavour. Ek het
eintlik nog altyd goeie maniere gehad sien, nie larrit altyd help nie,
scheme ek, want kyk waa sit ek nou! Nou al wat ek so ver nog kon leer,
is hoe ommie karre uit te check, ek het nog nie die hele diploma voltooi
nie, nou sit ek maar en doen die piece wat ek al klaar geleer het. Sit
nog anner dag so en observe, kom ‘n antie met ‘n Bee Em aangecruize.
Kyk jy kon duidelik sien hierie antie is in ‘n anner class. Die naels
is gemanucure, die hare getint en gespiralperm en die neus innie lug
asof sy iets ruik wat sy nie moetie. Jy ruik sommer die geld so van ver
af. Dog so by myself, hey, miskien het die antie dalk ‘n bietjie los
change wat sommer net daar lê en niks doen nie behalwe om koud te kry
vannie aircon. Gaan groet die antie toe heel beleef en vra of sy nie
maar die change gelukkig wil maak en hulle red vannie koue nie. Ek meen
te sê die change kan ook maar virre change ‘n joppie doen. Haak daai
antie af en besmeer my so mettie woorde dat OMO nie eers weer my
oogbolle wit sal kry nie! Hel, ek het ook maar net gevra! Voel toe ook
sommer die Boetman in. Scheme ek toe by myself of ek nie maar ‘n
vinnig amature hijack moet try nie, net om haar te wys ek weet ook darem
iets. Gelukkig vir my slaan die robot toe darem groen en daar gaan die
antie...wat sal ek tog met die antie gedoen het as ek die Bee Em
gehijack het? Smaak my haar se man het haar al daai goed gegee net om
haar op straat te hou anders haunt sy hom by die kaia. Arme man wat sy
kooigoed met so antie moet deel, nee, ek slaap liewers innie veld as
langs daai fridge. Wel, at least het sy my nog meer wise gesit: jy moet
nooit vra nie, wag tot sy park mettie Bee Em, dan gryp jy die change as
sy die deur oopmaak. Issie dat ek wil skelm wees nie, maar ek het noggie
my diploma om te operate nie, en ‘n man moet eet ook intussen. Ek
hettie res vannie dag mar so gesit en by myself gedink oor schemes om te
survive, mar shemes alleen maak ook nie die maag vollie, toe help ek
myself mar so ‘n wyle daar by die hoekcafe vannie Griek mette half
loaf enne Coke net toe hy so bietjie met ‘n customer gesels. Dog ek
toe so by myself, die ou bogger verneuk anyway al watte customer is, lat
iemand uit die groot skool hom nou maar ‘n slag verneuk. Ek gesels
volgende week weer met jullie lanies oor anner survival tricks. Mens
word nooit te oud om te leer nie, het my pa altyd gesê (bless his
soul)
Cheers vir eers
Charlie September
|