Wat
vir jare 'n droom was - om 'n koerant wat "anders" is, uit te
gee, het nie net werklikheid geword met die geboorte van Platinum POLS nie...die
droom het verder gestalte gekry in die publisering van POLS op die
internet vandeesweek!
Hiermee word 'n nuwe tydvak vir POLS
ingelui - nou is dit ook vir ons adverteerders van Johannesburg, Pretoria
en omliggende Noordwes-dorpe moontlik om die POLS te lees en op hoogte te
bly. Die goeie nuus is dat die POLS weekliks op die NET verskyn, waar die
gedrukte POLS net elke tweede Woendag versprei word!
"Dagboek" en "Snippets"
word boonop daagliks opdateer om lesers op hoogte te hou van gebeure in en
om Rustenburg.
Kontak ons gerus (sien die kontakvorm) of
kliek hier: Contact Us om jou mening rondom
die internetweergawe te gee, gedagtes en idees uit te ruil en opbouende
kritiek te lewer! |