Dagboek

Home Columns About Us Advertising Articles Contact us

POLS - Die goeie nuus . . .       POLS - The good news . . . Altyd 'n tree vooruit . . .       Always a step ahead . . .

 

Home
Up

 

 DAGBOEK


DAGBOEK

Gebeure vir die POLS-Dagboek word weekliks opdateer op die Internet-weergawe van die koerant - skakel gerus met ons by 072 180 4966 indien u iets hier wil sien of indien daar enigiets interessant in u omgewing gebeur wat u met ander Noordwesters wil deel of e-pos ons by platinumpols@yahoo.com

 

Jubelrit

Jubelrit na Blommeland op die 5de tot 10de September 2003 - met Franna Benadé - Skakel met Suzette by 082 334 6660 om nadere inligting.

 

Wat gebeur waar . . .

Happenings - Here and there

 

Lentedans by Windgatsaal

Op 6 September word daar 'n lekker Lentedans by die gewilde Windgatsaal gehou teen R30 per persoon. Die aand skop om 19:30 vir 20:00 af en etes is beskikbaar teen R30 per persoon. Musiek word verskaf deur Piet le Roux en sy orkes. Kaartjies kan verkry word by Zendelingstraat 83 of by Windgatsaal self.

 

Sop-en-Sjerrie

Op 29 Augustus is dit weer tyd vir Sop-en-Sjerrie by die Rustenburgse Vliegklub. Kaartjies kos R30 per persoon. Skakel Cathy by 014 - 596 7081 of Petro by 082 820 3220 vir meer inligting.

 

Rustenburgse Bosveldfees

Die Rustenburgse Bosveldfees vind plaas op die 30e Augustus vanjaar/ Dit word aangebied op die gronde van die Laerskool Rustenbuirg. Die fees word aangebied ten bate van "Kinders vir Jesus" en beloof om vermaak uit die boonste rakke te bied met ondermeer rugbywedstryde, 'n strydwa-resies, 'n biertuin met big screen en vermaak deur die Rustenburgse Pop Idols. Skakel vir Debbie (083 775 8876) of Marianna (084 753 2478) vir navrae of om 'n stalletjie te huur

Lentedans

'n Heerlike Lentedans vir die hele gesin word op 30 Augustus in die ou stdsaal aangebied waar braaivleisvure en pap-en-sous gratis beskikbaar is. Musiek word verskaf deur Frans en Daleen en toegang is R25 vir volwassenes en R10 vir kinders. Skakel met Frans of Daleen (014 - 596 5138 of 082 795 0078) vir nadere inligting.

Koster Karnaval op 5 en 6 September

Koster hou op 5 en 6 September Karnaval waar feesgangers die kans het om 'n diamant ter waarde van R10 000 te wen in 'n opwindende wedstryd! 'n Toyota-pretrit, kleilat en kettie, boeresport, pretpark en kareoke, modeparade, moderne dans en die lekkerste eetgoed, verseker dat hierdie karnaval nie misgeloop mag word nie. Pop-Idols wenner, Tommy Malan, neem ook die dag deel. Vrydagaand is dit boeredans! Skakel met Neels Terblanche (083 719 8748) vir nadere inligting.

Gerrie Pretorius in Rustenburg

Suksesvolle nuweling Gerrie Pretorius tree op 13 September in die ouditorium op en wel om 19:00. Kaartjies beskikbaar teen R40 vir volwassenes en R20 vir kinders en kleuters Besprekings by 014 - 597 4662

Werkswinkel vir kleuters

'n Werkswinkel vir kleuters word elke Woensdag deur die baie bekende (en net so gewilde!) Alinda Smith, hoof van Wysneusie Kleuterskool in Rustenburg, aangebied. Dit word aangebied by die kleuterskool self om 14:00. Elke week word verskillende werkswinkels aangebied wat ondermeer die volgende behels: Persepsie, musiek, beweging, kuns en wetenskap.

Pa-en-Seun-ontbyt

'n Pa-en-Seun-ontbyt word op 13 September aangebied deur die Lede in Christus-Kerk op die hoek van Lleydstraat en Zendelingstraat, Rustenburg. Die ontbyt begin om 10:00. Dit kos R25 per persoon en R15 per kind onder agt. Skakel Mercia by 072 680 9639 of Rhona by 014- 596 6650 vir nadere inligting.

Pannekoek-en-Port-oggend

'n Pannekoek-en-Port-oggend word op 18 November in die Banketsaal van die Burgersentrum aangebied waartydens Heila Groenewald 'n tafeldeksessie sal aanbied. Dames wat belangstel, kan kontak met Franettes in die Waterfall Mall inkopiesentrum

Mooinooi se Lentefees

Op 29 en 30 Augustus bied die Afrikaanse Protestante Kerk op Mooinooi 'n Lentefees aan by die Euronooi Winkelkompleks.Skakel Yvonne by 014 - 574 3460 vir inligting

 

 

Seminaar vir Gesondheid

'n Gesondheidseminaar word op 6 September gehou - daar is net 50 sitplekker beskikbaar. Skakel 084 367 4533 om inligting - kaartjies kos R65 per persoon

 

Opwindende kompetisie

Die Mnr/Mej Mooinooi-kompetisie vind plaas op 30 Augustus - skakel Martie by 082 710 9659 vir inligting

 


Open Day

Open Day at Rustenburg Ramble Guest Houses - Contact Bets at 082 459 5682 for info

 

Lente-Tee

Lente-Tee met Vicky-Ann aangebied deur die Evangelies Gereformeerde Kerk van Rustenburg met die tema: "Ten spyte van al haar seer en spanning in vandag se lewe dien sy nog voluit haar Heer". Die geleentheid begin om 10:00 by die kerksaal van die NG gemeente Bergsig Skakel met Doreen (072 378 5572 vir inligting

 


Plaasfees op Moedwil

Op 12 en 13 September is dit weer tyd vir die baie gewilde Plaasfees op Moedwil - om stalletjies te bespreek kan u skakel met Marié by 072 157 5617 en vir uitstalruimte of 'n lapa, kan u kontak met Sonet op 083 425 9796.

 

Re-unie vir Grenvillers

Grenville-matrieks van 1993 hou op 29 Augustus re-unie. Skakel Angela by 011-706 1180 gedurende kantoorure of 011-704 3885 na-ure vir nadere inligting

 

Outydse Basaar

Die NG Gemeente Rustenburg-Suid hou op 30 Augustus 'n outydse basaar - moet dit nie misloop nie!

 

Beetles kuier saam

Almal wat mal is oor Volkswagen Beetles, een besit, of sommernet gek is oor die klein motortjies, word genooi om deel uit te maak van 'n beplande bymekaarkoms. Skakel gerus met Natalie by 084 325 7091 of Anita by 084 319 6084 vir nadere inligting

 

AGM Squash

The AGM of the Rustenburg Squash Club will ne held om August 30 at the Rtb Squash Club. It starts at 15:00. Call Tony on 083 455 3167 for more info

 


Nuwe tariewe by Kloof

Besoektye en tariewe by die Rustenburg Kloof het so verander vir dagbesoekers: Dagbesoekers moet tussen 06:00 en 15:00 toegang verkry en voor 17:00 die Kloof verlaat - die Kloof mag nie gedurende langnaweke en vakansiedae deur dagbesoekers besoek word nie. Die nuwe toegangsgeld beloop R20 per volwassene en R15 per kind

 

Iets vir Dagboek? Interessante gebeure? Iets nuuswaardig? Sommer net lekker? E-pos dit na platinumpols@yahoo.com