|
|

Nico, Reinette, klein
Nico en Colette
Om sy eie koekiewinkel te hê, was nog
altyd die droom van Nico en sowat ‘n maand gelede het hierdie droom
werklikheid geword toe Nico en Reinette die vrolike Biscuit Box in
Steenstraat oopgemaak het.
Die vrolike logo wat baie herinner aan dié van Biscuit King (terloops
al Biscuit Box se koekies is presies dieselfde smelt-in-die-mond-koekies
wat Biscuit King altyd verkoop het!) nooi jou van buite af in en soggens
skuins voor sewe al staan die skoolkinders tou om “lunch” te kom
koop by Biscuit Box! Waar anders koop jy 23 koekies vir R3,50? Dit pas
enige skoolkind se snoepie-sak!
Nico en Reinette, ou Rustenburgers, is ‘n skoolkys wat ‘n huwelik
geword het - en ‘n formidabele span as dit kom by besigheid!
Die egpaar is baie lief vir mense en Nico het ‘n spesiale plekkie vir
bemarking - saam is dit ‘n wenkombinasie!
Selfs die twee kleingoed, klein Nico en Colette, help op Saterdae vir pa
en ma in die winkel en is baie betrokke by die besigheid.
Biscuit Box is getooi in vrolike turkoois, geel en pers en jou eerste
indruk van die winkel is een van tuiswees en silwerskoon! Om nie te
praat van die geur van varsgebakte koekies wat jou so klompie meter van
buite af, al binnelok nie!
Binnekant staan jy verras oor die verskeidenheid: Daar is enigiets van
Romany Creams en gemmerkoekies, tot cappucino en klapperkoekies,
kersiekoekies. sjokoladekoekies en nog baie meer - en die egpaar beplan
selfs in die nabye toekoms koekies met vulsels.
Aan oulike idee’s en splinternuwe produkte, het die egpaar geen keer
nie - daar word reeds die interessantste lyne vir Kersfees beplan -
kompleet in koekieblikke met reuse strikke! Vir Valentynsdag en
moedersdag, vadersdag en enige ander dag is daar die een na die ander
verrassing wat wag!
Wat Biscuit Box ‘n besoek werd maak, is die gasvrye en vriendelike
diens - Nico en Reinette glo daaraan om honderd persent betrokke te wees
by hul besigheid en laat die winkel nie oor aan iemand anders nie - hulp
is daar wel, maar een van die twee vriendelike mense is altyd op hul
pos. Biscuit Box is oop op weeksdae van 7 uur soggens! (om die
skoolkinders se akkommodeer!) tot vyfuur smiddae en Saterdae van agt tot
een.
Koekies word verkoop in sakkies van 200g, 500g, 1kg tot selfs 3kg en die
groot lekkerte van Biscuit Box se produk? Dat die koekies werklik (ons
het dit uitgetoets!) binne presies 4 sekondes uit jou koffie moet wees
anders bly dit agter! Vars, kraaklekker en geurig - net soos ouma dit
gebak het!
Lus vir koekies maar nie lus vir ure voor die stoof nie? Gemmer, klapper,
kersie, Choc King, Choc Chip, Zoom Zoom, Crunchie, Cappucino, Shortbread
en nog hope meer! Kom haal dit sommer vandag nog by Biscuit Box in
Steenstraat 62A, net langs die jaffle-winkel! Daar is altyd tyd vir
koffie!
Of skakel vir Nico of Reinette by 014 - 592 7797 of 083 745 9916 en
plaas jou reuse bestelling!

|